Geleentheid vir ‘n vrou na Helen Joeph hospitaal Dinsdag?
SUIDERKRUIS-GEMEENTE
OGGENDDIENS: 16 Maart
TEMA: Welkom terug!!
LITURGIE
(MG=musiekgroep, TS=tegniese span)
WIE |
WAT |
DETAIL |
T/S |
|
Sagte musiek |
|
dine |
MG |
5 minute vooraf |
Keurspel |
DVD |
Liturg |
Welkom & groet |
|
dine |
Liturg |
Gebed |
|
dine |
Liturg |
Oproep tot lof |
Grappie Opstanding |
dine |
MG |
Lof |
Op hierdie dag LB509:1-3 “Op berge en in dale” U is waardig (Wilgespruit - 4 verse) |
948 509 (VIP) 1041a |
Diakens |
Offergawe |
Afkondigings op bord (Instrumenteel: Amazing Grace) |
Dankoffers- afkondig |
Liturg |
Oproep tot aanbidding |
Vermeerdering van die brood |
meer |
MG |
Aanbidding |
LB253: U het die brood gebreek Shout to the Lord LB176 Halleluja, U is koning (opbou) |
1040 995 770 |
|
|
Record aan |
Klank: Record |
Ouderling |
Voorbidding |
|
Stilgebed |
Liturg |
Skriflesing |
Luk 15:11-32 Die verlore seun (Die Boodskap) |
Skrif |
Liturg |
Preek |
Nagmaal: God se ete vir kinders wat huistoe gekom het. |
Preek |
Almal |
Toewyding |
|
Preek |
Liturg |
Lees Van Formulier |
1 Kor 11:17-34 |
pa |
|
Musiek (Tafel Gereed) |
|
pa |
Almal |
Geloofsbelydenis |
Apostoliese geloofsbelydenis (staande) |
Geloofs |
MG |
Gebed Om Seën |
LB266: Ons Vader (staande) |
945 |
Diakens |
Uitdeel Bediening En Kommunie |
Uitdeel van brood en wyn Kruisiging (met musiek: Battle hymn). . . . . . .1499 Opstanding . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 1420 |
nooi 1499 (klank) 1420 |
MG |
Dankseggingsgebed |
Genade, onbeskryflik groot. . . . . . . . . . . . . . . 751 |
751 |
Liturg |
Gebed |
|
Stilgebed |
|
|
Record af |
Klank: Stop Record |
MG |
Lied |
Elke knie sal buig (met klankbaan). . . . . . . . .729s |
729s |
Liturg |
Seën |
|
|
Preekskets
Ek het ‘n pel - ‘n goeie vriend..
Hy het twee seuns gehad.
Hy was baie lief vir sy kinders
Van kleintyd af het Hy vir hulle net die beste gegee.
Hy het hulle oorlaai met goedheid.
Hy het vir hulle kos gegee.
Klere.
‘n Lekker huis om in te woon.
En elke dag het Hy vir hulle al Sy liefde gegee.
Hy was ‘n pappa duisend.
En die Kinders?
• Hulle was 2 oulike seuns.
• Mooi maniere.
• Soet kinders
• Was nie engeltjies nie: baklei, terg, toiletpapier teen die dak gegooi
• Goed gedoen in die skool
• Hard gewerk
• Sport gedoen
• Grootgeword
• Die 2 seuns het jong manne geword
• Baard en snor
• Lang arms - weet nie wat om met jou arms te doen nie ...
En toe gaan die een seun na sy pa toe:
Pappa, ek weet nie presies hoe om dit vir jou te sê nie.
Ek het nie gedink pappa sal so lank lewe nie.
En nou vat dit ‘n bietjie lank.
Kan ek nie maar solank my erfporsie kry nie.
Wil pa nie solank die testament lees nie.
Ek kan nie hier sit en wag tot pa die dag dood is nie.
Die lewe gaan aan.
Ek wil die lewe geniet terwyl ek jonk is.
En terloops: as pa dit nou doen kan ons sien of die regverdig verdeel was.
Dis darem vreemd hoe mense kan tekere gaan oor erfgeld.
Wat doen die pa?
Hy is so lief vir sy kind dat hy net daar en dan almal bymekaar roep en sy testament uitlees.
Die helfde van sy besittings nou-al sal weggee.
Dit moes nogal seer gewees het.
Dat die geld wat jy vir hulle uit liefde wil nalaat, belangriker word as jyself.
Daar is baie ouers wat vandag dieselfde beleef.
Kinders wat kom vra vir hulle erfporsie.
Ons doen dit baie meer subtiel.
Ons leen pappa en mamma se pensioengeld.
Dit wat hulle nou mee moet leef.
En dit wat hulle eendag vir ons wil nalaat.
En dikwels kan ons dit nie teruggee nie.
En pappa en mamma leef in armoede omdat die kinders klaar geerf het.
Maar omdat hulle so lief is vir ons, doen hulle dit.
Soos die pa in hierdie verhaal.
Hierdie pa is so lief vir sy kind dat hy hom sal laat gaan.
If you love something, set it free
If it comes back, it's your's
If it doesn't, it never was.
Dink jy dit was maklik vir sy pa?
Dink jy dis maklik vir jou pa?
Ons twee seuntjies is nog klein.
Maar hulle word vinnig groot.
En daar gaan ‘n dag kom wat hulle wil gaan.
Gaan dit maklik wees?
Dit gaan die moeilikste ding in die hele wêreld wees.
Om te laat gaan.
Veral as hulle sou weggaan met hulle erfporsie.
Sal ons hulle laat gaan?
Ons het nie ‘n keuse nie.
Ons is so lief vir hulle dat ons hulle sal laat gaan.
En daarom het die pa sy seun laat gaan.
Die van julle wat dit al gedoen het, dis seer.
En die wat hulle moes laat gaan met hulle erfporsie - dis nog baie seerder.
En hier breek die verhaal in 2
Aan hierdie kant is ‘n jongmens
Baie opgewonde
Klomp geld in sy beursie
London om sy lewe te gaan geniet.
Kan nie wag om daar te kom nie.
Klaar met sy boring lewe.
Hy het klaar vir sy pa gewerk.
Hy is moeg vir sy pa se reëls en regulasies.
Hy wil vry wees.
Nou begin die lewe.
Op die vliegtuig geklim en hy’s weg.
Grootmenslewe.
Meneer
En hierdie kant
‘n Pa wat nie tot rus kan kom nie.
Here, my kind is weg.
Waar is my seun?
Is hy veilig?
Waar slaap hy vanaand?
Het hy genoeg kos?
Ek is so jammer ek het nie ons laaste geldjies ook eerder vir hom gegee nie.
Ag Here, pas asseblief my kind op.
Bring hom terug.
Selfoon gevat: sms getik (hallo my seun. Is jy veilig daar?)
Intussen het die seun begin om sy lewe te geniet.
Nagklubs _Liquid
Kroeë
Dagga
‘n Paar keer het hy wakker geword saam met ‘n vreemde vrou in sy bed.
Maar dit was lekker.
Niemand het vir hom gesê of hy kan uitgaan of nie.
Niemand het vir hom werk gegee nie.
Niemand het gesê hoe laat moet hy terug wees nie.
Niemand het met hom geraas as hy dronk by die woonstel kom nie.
Niemand het gekla omdat hy rook nie.
Dit was net te lekker.
Dis die lewe.
Elke keer as hy ‘n sms kry - delete - los my nou net uit!
En hier by die huis?
Here, my kind is weg.
Waar is my kind?
Ek mis hom so...
Ek wens hy wil terugkom...
Is hy veilig?
Waar slaap hy vanaand?
Het hy genoeg kos?
Ek is so jammer ek het nie ons laaste geldjies ook eerder vir hom gegee nie.
Ag Here, pas asseblief my kind op.
Bring hom terug.
Selfoon gevat: sms getik (hallo my seun. Ek verlang na jou!)
London:
Net meer en meer opwinding.
Nou raak dit eers lekker.
Ek het niemand nodig nie.
Ek kan op my eie bene staan.
Ek's groot.
Ek wil maak soos ek wil.
Baie van ons was al aan hierdie kant.
Miskien is jy vanoggend hier.
Niks en niemand nodig nie.
Nie eers vir God nie.
Die lewe is so opwindend op jou eie.
Ek het Hom nie nodig nie.
Ek weet van ‘n klompie tieners wat op die oomblik aan hierdie kant is.
Myle weg van God af.
Besig om die lewe sonder God te geniet.
Ek weet ook van ‘n klomp grootmense wat hier is.
Daar is ‘n groot les wat ‘n mens aan hierdie kant leer:
‘n vis wt uit die visbak uit spring, is nie vy nie.
Hy is sterwend.
Hy is besig om te versmoor.
Dit wat jy dink wat jou gaan vry maak, gaan jou doodmaak.
Die eerste paar minute nadat die vis uit die visbak gespring het, is wonderlik.
Daar is net nie perke nie.
Niks wat jou keer nie.
Lekker baie suurstof - jy kan nie genoeg kry nie.
En dan kom jy agter dat die suurstof waarvan jy nie genoeg kon kry nie, besig is om jou dood te maak.
Ons was al ‘n paar keer in ‘n wildreservaat.
Dis darem wreed dat daardie diere in ‘n reservaat moet bly.
Maar laat hulle daar uitgaan.
Dis wreed.
Die reservaat is die veiligste plek.
Ongelukkig wil ‘n mens dit nie glo voordat jy dit gesien het nie.
Op ‘n dag het die seun besef die opwinding is verby.
Sy geld was klaar.
En skielik was al sy vriende ook weg.
Want hulle was nie regtig vriende nie.
Hulle het graag saam met hom gedrink.
En hulle het saam met hom geparty.
Maar toe sy geld op is, was hulle weg.
En die meisies en die vrouens by wie hy geslaap het, is ook weg.
Want dit was nooit liefde nie.
En toe kom die mooiste woord oor sy lippe: "vader"
"Pappa"
Ek wonder of pappa my nog onthou?
Sal pappa my ooit terugneem in die huis?
Intussen: hier by die huis?
Waar is my kind?
Ek mis hom so...
Ek wens hy wil terugkom...
Is hy veilig?
Waar slaap hy vanaand?
Het hy genoeg kos?
Ek is so jammer ek het nie ons laaste geldjies ook eerder vir hom gegee nie.
Ag Here, pas asseblief my kind op.
Bring hom terug.
Daardie aand het die seun weer aan sy pa gedink:
Waar is hy?
Ek mis hom so...
Ek wens ek ek kan teruggaan.
Ek's so jammer dat ek sy laaste geldjies gevat het en uitgemors het...
Ag Here, pas my pa op.
Vat my nog een keer terug na Hom toe.
Hy het sy selfoon gevat en vir sy pa ‘n sms gestuur: Pappa, ek kom huistoe, wil met pappa praat...
En onmiddellik het hy opgestaan en huistoe gegaan.
Vliegtuig
Arm
Vuil
Verwaarloos
Teleurgesteld
Met niks om vir sy pa te gee nie.
En weet julle wat sê die Bybel?
Sy pa het gehoor hy kom.
Hy het in sy ou 1976-Ford Escourt gespring (die een waarvoor Jannie altyd so skaam was)
En hy’s hier af op die N12.
Lughawe toe.
160km per uur!
Parkeer karretjie sommer by Diplomaties (R120 per uur)
En toe is hy in by Internasionaal.
“Flight 102 from London has just arrived”
Hy kon nie meer wag nie.
Op en af...op en af...
En toe begin die passasiers inkom:
Waar’s my seun?
Eers kom die belangrike mense in..tennies met die baie ringe...
En die ooms met die laptops...
En toe die gewone mense...
En toe kom daar ‘n jongman in: hy lyk soos ‘n boemelaar...
Sy klere is stukkend en vuil.
Hy lyk verwaarloos.
Slordig.
En hierdie pel van my kry trane in sy oë.
En hy hardloop na sy seun toe.
“My kind, my kind!”
“Pappa, ek is jammer, ek het alles geblaas...”
“Moenie worry nie - jy’s terug - dis al wat saakmaak”
Julle ken die res van die storie...
• Nuwe klere
• ‘n Nuwe horlosie
• ‘n groot fees...
Ek wil vir jou iets vra:
Het jy al huistoe gekom?
"Vader, ek is jammer..."
Dalk sê jy vandag: ek kan nie.
Ek kan nie teruggaan nie.
Ek het te ver weggegaan.
Ek was betrokke by Satanisme.
Ek het ‘n bloedverbond gesluit met iemand.
Ek het dinge gedoen wat ek nooit kan vergeet nie.
Ek het mense seergemaak.
Almal in die skool weet hoe sleg is ek.
Almal by my werk weet van alles wat ek gedoen het.
Ek kan nie teruggaan nie.
OF Miskien hou jy selfs ‘n front voor dat jy gelukkig is.
Dit lyk of jou lewe vol opwinding is.
Jy dra klere met ‘n bekende naam.
Jy ry ‘n goeie kar.
Jy beklee ‘n balangrike posisie.
Jy kom elke Sondag kerk toe.
Jy is dalk selfs ‘n kerkraadslid.
Maar alles is net fronte om jou leegheid weg te steek.
In jou hart is daar ‘n verlange om terug te gaan na jou Vader toe.
Maar jy weet nie hoe nie.
Jy is bang om op te staan.
En eintlik is diep ongelukkig.
Maar niemand moet dit weet nie.
En daarom maak jy of die varkhok opwindend is.
Ek wil jou vandag uitnooi:
Kom terug huistoe.
Weet jy wat sal gebeur?
Terwy jy nog ver is sal Hy aangehardloop kom.
En Hy sal jou net vashou.
Lank.
En dan sal die groot fees begin.
Hy verwag nie ‘n groot toespraak nie.
Hy verwag nie dae se skuldbelydenisse nie.
Hy verwag net ‘n kind wat jammer is en wil huistoe kom.
Nagmaal is die ete wat God gee vir al Sy kinders wat huistoe gekom het.
Almal wat weg was, en teruggekom het.
En eendag, wanneer ons almal by Hom is, sal die regtige feesmaal begin.
En dan sal ons verstaan hoe lyk ‘n regte party.
Wanneer die hele skeping feesvier oor elke kind wat huistoe gekom het.
En daarom nooi ek elke lidmaat wat huistoe gekom het, om deel te neem aan hierdie nagmaal.
En as jy vanoggend wil huistoe kom, doen dit.
Moenie bly waar jy is nie.
Gaan terug na Vader toe.
Hy wag lankal vir jou.